Tuesday, July 25, 2017

ROLBAL - Willis Broers laat nie gras onder hulle voete groei nie!

Broers met 'n plan!

Petrus en sy broer SW van HoĆ«rskool Swellendam het 1ste en 2de Junie in Oudtshoorn gaan deelneem aan die rolbal jeugtoernooi.  Hulle het trips gespeel. Daar was 10 spanne, hulle het gekom van Hermanus, Bonnievale, Ceres, Mosselbaai, Plettenbergbaai, Beaufortwes, Oudshoorn en Swellendam. hulle het 5 wedstryde
gespeel. 
Hulle het 'n skip van Oudtshoorn gehad. Dit was 'n baie groot ervaring vir hulle om op so 'n vinnige baan en op ryp te speel. Saterdag het hulle goed gevaar, maar Sondag het hulle baie opdraande gehad teen sterker meer ervare spanne.

-Mev M Willis (Moeder)